Santa Croce, Florence

Basilica di Santa Croce

Die Santa Croce in Florence is 'n Franciskaanse kerk en een van die beste voorbeelde van Italiaanse Gotiese argitektuur. Bouwerk daaraan het in 1294 'n aanvang geneem. Dit is moontlik deur Arnolfo di Cambio ontwerp; en is in 1442 voltooi; met die uitsondering van die 19de eeuse fasade (wat ‘n voorbeeld van die Gotiese-hernuwings-beweging van die 19de eeu daarstel) en die kloktoring (campanile). Baie van die binnemure bevat meesterstukke van Toskaanse Gotiese- of proto-Renaissance skilderkuns: die fresko's van die Bardi – en Peruzzi-kapelle is deur Giotto geskilder; die Baroncelli-kapel beskik oor fresko's deur Taddeo Gaddi en ‘n poliptiek deur Agnolo Gaddi, wat ook die freskos geskilder het in die Castellani-kapel.

Daar is ook voorbeelde van beeldhouwerke deur sulke meesters van die vroeë Renaissance-kuns soos Bernardo Rossellino, Donatello, Mino da Fiesole, Andrea della Robbia, en Benedetto da Maiano. Verskeie bekende Italianers soos ondermeer Leon Battista Alberti, Michelangelo, Vittorio Alfieri, Leonardo Bruni, Gioachino Rossini, en Galileo is begrawe in die kerk. Een van die beste voorbeelde van vroeë-Renaissance argitektuur is die Pazzi-kapel deur Brunelleschi, wat geleë is in die 14de eeuse suilegang aangrensend tot die basiliek.[1]

  1. "Santa Croce." Encyclopædia Britannica. Encyclopædia Britannica Ultimate Reference Suite. Chicago: Encyclopædia Britannica, 2012.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search